Sunday, December 16, 2018

16 December 2018: Burney Tasmania:

Today we are going to be getting on buses in the port and then taken to the downtown area, for they say it is to busy in this port for passengers walking around.All of us were then dropped at the Makers Workshop, the largest boutique of handmade paper. Also had lots of local artist with there different trades jewellery,wood turner,painters.

The weather was not looking good and rain was on the way,just when I decided to take the wooden walk way along the sea into downtown it started raining but was ready for that too.At first the town did not look very promising not a beautiful place or should I say the buildings and surrounds.

Then the heavens opened and it started pouring with rain ,ordentelike reen,sous reen,so toe is dit net skuiling soek in die winkels. a Lot of the shops were not open for it is Sunday,so that is just one of those things when you get to ports on a Sunday or public holiday.

Later in the morning the rain stopped and we were very lucky to see the sun then I left on a walk about, first to the little penguin observation centre,did see a few of them on there nests but not walking around.Then it was time to take the road to the waterfall in the Burnie Park,on my way I discovered the most beautiful roses and plants in this park.

I walked all the way to the top of the waterfall and then the road took me to a local nursery where I just could not get enough of all the beautiful plants and gifts and pots.Bought a small ornament as memento for my scullery area where I have my houseplants,a bit heavy but worth it,all the way from Tasmania!! Building memories.

Decided to get us a christmas cake,cookies,chocolate father christmas,plastic wine glasses,some local cheese and a bowl for our chips.Wil mos ook Kersfees hou op ons manier, skip style!!Needless to say I had just arrived back on the ship and my dear hubby got stuck into all my shopping, just to tell me he does not think that these things are goint to see Christmas!!

Today we are at sea and all my supplies are finished so maybe I must do my shopping the day before Christmas and see if that will work! The sea has calmed down which is great,so hopefully smoother sailing from here.Tomorrow we are in Melbourne for the first time but hubby working so will be solo for the day,until next time.











Friday, December 14, 2018

15 Desember 2018: Hobart Tasmania

Gisteroggend het nou nie op n goeie noot begin nie, toe ons wakker word met n toilet wat nie wil werk nie!! Hoef seker nie oor dit uit te brei nie maar die verstopde affere het so gebly tot die aand 21h00, so teen die tyd was ek glad nie lekker nie.Elke keer as ek wil badkamer toe was dit trappe op na die gaste areas toe

Wie is nou lus as jy al jou pajamas aanhet om eers aan te trek net om n draai te loop, so teen 21h00 was dit glad nie meer snaaks nie,en ons het al vroeg dit aangemeld maar dit was net n geval van wag, jy is op die lys!So teen 21h00 toe ons hoor hier word nou gevroetel aan ons gat!! En dit klink mos asof jy ook uitgesuig gaan word as jy die knoppie druk.

Die blydskap was van korte duur want wraggies later die aand was dit weer dieselfde storie,knoppie word gedruk en net mooi niks gebeur nie.Weet hierdie n regte k—k storie maar net weer besef hoe belangrik n toilet is haaa haaa.Gelukkig is ons gat storie toe in die loop van die oggend uitgesorteer ons het n nuwe knop gekry!!!

Kon eers laat  vanoggend afklim want liefie moes eers n paar goed doen voor ons kon vertrek ,so toe hy sy verskyning maak toe is ons die strate in Eers vir hom gou n koffie en muffin gekry en die weer het nou nie saamgespeel nie,toe
getrek en so liggies begin spoeg,maar darem nie vir lank nie.

Gelukkig het ons by die Saterdag markie uitgekom en daar het ons vir ons n sakkie bloed rooi yslike groot cherries gekoop en sommer so stap stap met hulle klaar gespeel,heerlik gewees.Toe is dit tyd vir n woertwors,vir my  n gedoente om die goed te eet want dis net sous waar jy kyk en alles bemors,so liefie kon heerlik alleen eet sonder enige kompetisie!

N Pragtige hout krimvparkie gekoop wat jy gebruik vir tandestokkies,hierso is hout en houtwerk goed groot besigheid,baie stalletjies gekry met die mooiste houtwerk goed,pragtigste houtwerk en draaiwerk.Beslis n kuns.

Het ook doedelsakke gehad vir musiek ,so ons is al agter die musiek aan en toe by hulle ook uitgekom in so n parkie tussen die mooiste akkerbome.Die tyd het natuurlik gevlieg want moes alweer 1.30 aanboord wees en oppad terug is ons verby die vars groente markie met die vrugte en groente wat so mooi uitgestal is en kraak vars lyk,mens sommer lus vir koop.

In die vertrek saal waar ons aanboord gaan het hulle ook uitstallers gehad met local goed en daar was n vrou met die pragtigste sy serpe met al hulle inheemste
Plante wat sy op die sy druk,regtig iets besonders.Wonder hoekom hou ek van al die duur goed!!Serpies net $135 ander goed wat ek ook van gehou het, die blou perels  in Akaroa was maar net $1000!!!!

Toe ons vamiddag in die gym uitstap sal julle glo stap daar 3 manne wat Xhosa praat voor ons en net daar begin liefie terug praat in Xhosa net om te hoor dis onse mense van Afrika,amazing hier doer ver van die huis.Ons nou oppad na Burnie en die see nogsteeds omgekrap so nou en dan breek n brander hier teen ons porthole,groot ogies net bitter bly word nie see siek nie anders was dit nou n gedoente.











Wednesday, December 12, 2018

13 Desember 2018: Sydney

Gister was darem n baie beter en rustiger dag op die diep see ,waaroor ek maar te bly was want dit is nogal scary as dinge so woes en wild is.Ek verbeel my mos die see hierso en om Africa moet wilder wees as in Amerika en Karibiese eilande weet nie waar ek aan die gedagtes kom nie.

Hulle het toe die shows omgeruil omdat dit te gevaarlik was vir die intertainers om op te tree.Gister het ek darem weer begin met my fotos so hopelik sal ek teen die einde van die kontrak alles klaar he en dit dan laat druk,foto boeke van al ons verskillende reise en bestemmings .

Moes vandag alleen rondloop want agv die skuiterasie stories moes liefie aan boord bly om vure dood te slaan en al die navrae te hanteer.Kyk dis nou n geweldige affere en hopelik in die kiem gesmoor.Ek is vroeg af en toe is dit strate toe ,heel eerste regtuit na die botaniese tuine en was toe ongelooflik mooi.

Van plante ,bome en blomme kry ek net nooit genoeg nie, bitter mooi en hulle sit so baie in en doen so baie moeite met die parke en tuine,dink ek sou beslis in so n werk geaard het.Herken baie van die plante wat ons by die huis het,en my sommer weer geinspireer om volstoom tuin te maak en betrokke te raak in ons komplek tuin.

Toe is dit biblioteek toe en wat n indrukwekkende gebou,groot en ruim en alles op sy plek,te heerlik om net daar te kon gaan sit in stilte en net alles in te neem.
Boeke net waar jy kyk, het my laat dink aan die bib in New York,so statig.

Daarna is ek sommer die strate in en by n vreeslike groot kersfees boom uitgekom wat pragtig versier is,ek verkyk my aan alles veral die mooi geboue en dink ek is in die verkeerde eeu gebore!!Die ou goed is vir my regtig iets besonders,mesmerizing.hee heeee

Toe is dit tyd vir my cuppucino en almond croissant ,het hom die keer styf vasgehou so half onder my hand net ingeval die seemeeue gedink het hier is weer n free lunch!Was eintlik lekker om net te sit en alles in te neem,verkyk my aan al die toeriste en locals,almal besig met iets en oppad erens heen.

Teen die tyd is ek al 5 ure aan die rondloop en besluit om vir die laaste 2 ure nog n ander wye draai te stap en die Sydney brug area te gaan verken ,tot onder die brug gestap en daar ook my verkyk aan die ingeneurs werk van die statige ou brug,regtig amazing om te dink deur mense gebou baie jare gelede.Ook by die Harbour View Hotel n draai gemaak wat uit n ander era kom.

Oppad terug skip se kant toe by local pub verby en gesien hier kan ons volgende keer lekker vis en chips kom eet en n bier drink,so dis nou op die lys vir volgende besoek as liefie af is.Teen die tyd gedink dalk moet ek nie te lank wegbly nie voor my man my wil begin soek of ek sy bloeddruk op jaag ,want soos julle weet die skip wag vir niemand nie.Was eintlik n heerlike dag en nie te warm nie,hulle het reen voorspel maar gelukkig het ons dit vrygespring want rondloop in die reen nou nie lekker nie.More is ons weer op die see en dan wag Hobart in Tasmania.






















Monday, December 10, 2018

11 Desember 2018: @SEA

Ons eerste rondte is nou amper iets van die verlede ,more nog n dag op die see en dan is dit SYDNEY en die optel van die 2de lot passasiers.Die see is omgekrap en lyk my ons is in vir n rowwe nag, rocking and rolling!!!! Is bietjie woes die keer.So jy moet mik as jy stap want dis 2 tree die kant toe en 3 anderkant toe.Het ook n probleem van skuiterasies op die skippie so is omtrent in lock down,handewas x100

Word bedien met borde en eetgerei mag glad nie self goed inskep nie of aan enige drinkgoed vat nie alles word vir jou gedoen,op skepe is so n  affere n groot storie omtrent soos die pes,klink of ons ook oormore bespuit gaan word bedoelende die skip om van alle moontlike peste en plae onslae te raak en die gremlins te dood.Dit nog nie beleef nie maar soos hulle se, altyd n eerste keer.

Alle badkamer deure in die publieke areas word ook oop gelos sodat niemand aan n deur hoef te vat nie,so dis saggies ^&*%.Weet nie of daar vanaand n show gaan wees nie want dit sal werk kos vir dansers om op hulle voete te bly en te spring en dans in die weer.

Het vanoggend darem by die gym uitgekom en weer in die stoom kamer n intressante vrou ontmoet wat toe daar sit met sakkies heuning en n sker! Nie lank nie toe offer sy vir my ook heuning en vertel my ek moet dit aan my gesig,nek en bors smeer terwyl ek sit en stoom,baie goed vir die vel,toe het ek ook nie op my laat wag nie en daar sit ek heuning besmeer!!!

Soos hulle se, what a site!! Maar mev sit en toe ek voel nee hier moet ek nou uit want die keer langer gesit as gewoonlik want die heuning moet mos nou eers sy werk doen is ek met my heuning besmeerde lyf uit om te gaan stort.Moet erken my vel het lekker sag gevoel en dink ek sal dit beslis weer probeer.Ook vir my gese moet die heuning meng met suiker en dit gebruik as n exfoliater vir my vel.
Never to old to learn new things! So tot more.


Sunday, December 9, 2018

10 December 2018: @ SEA
 Dusky Sound/Doubtful Sound and Milford Sound

Today we are sailing in New Zealands largest fiords , Dusky Sound a place that Captain Cook witnessed over 240 years before us when he discovered Dusky Sound and he returned 3 years later to spend time observing the widlife which had impressed him so on his first visit.This fiord is 40 km long and 8 km wide.

Doubtful Sound is the longest and deepest fiord is 42km long and 421meters deep.Moet bieg het nogal gewonder hoe diep die dele is waar ons so lekker en stadig deur seil!!!

The last one we visit is Milford Sound en hy het die mooiste watervalle gehad,die een waterval se water kom nie onder nie want die wind waai so erg partykeer dat dit die water wegwaai voor dit onder kom,nog nie van so iets gehoor nie!
Also told us that is a very special place to visit and you have to book years in advance and also very costly.Saw a few other small boats while we were sailing up  and people on canoes ,vir my bietjie rof gelyk,last week the ships could not sail in because of bad weather, was to windy and rough.

Het na die gym eers gaan ontbyt eet en toe op n heerlike sonskyn dag met net n effense windtjie op die oop dek gaan sit om die mooi dele te besigtig. en laat middag is dit tyd vir die diep see ,vir 2 dae voor ons Donderdag in Sydney weer dok vd volgende passasiers.

Volgende roete is Melbourne, Hobart Tasmania en Burnie Tasmania voor ons weer terugkeer Sydney toe,so sien vreeslik uit weer 3 nuwe plekke,so tot volgende keer mooi loop.
















23 January 2019: Napier New Zealand We arrived in Napier early on Wednesday morning but were only going on our excurtion at 11.45 so co...