13 Desember 2018: Sydney
Gister was darem n baie beter en rustiger dag op die diep
see ,waaroor ek maar te bly was want dit is nogal scary as dinge so woes en
wild is.Ek verbeel my mos die see hierso en om Africa moet wilder wees as in
Amerika en Karibiese eilande weet nie waar ek aan die gedagtes kom nie.
Hulle het toe die shows omgeruil omdat dit te gevaarlik was
vir die intertainers om op te tree.Gister het ek darem weer begin met my fotos
so hopelik sal ek teen die einde van die kontrak alles klaar he en dit dan laat
druk,foto boeke van al ons verskillende reise en bestemmings .
Moes vandag alleen rondloop want agv die skuiterasie stories
moes liefie aan boord bly om vure dood te slaan en al die navrae te hanteer.Kyk
dis nou n geweldige affere en hopelik in die kiem gesmoor.Ek is vroeg af en toe
is dit strate toe ,heel eerste regtuit na die botaniese tuine en was toe
ongelooflik mooi.
Van plante ,bome en blomme kry ek net nooit genoeg nie,
bitter mooi en hulle sit so baie in en doen so baie moeite met die parke en
tuine,dink ek sou beslis in so n werk geaard het.Herken baie van die plante wat
ons by die huis het,en my sommer weer geinspireer om volstoom tuin te maak en
betrokke te raak in ons komplek tuin.
Toe is dit biblioteek toe en wat n indrukwekkende gebou,groot
en ruim en alles op sy plek,te heerlik om net daar te kon gaan sit in stilte en
net alles in te neem.
Boeke net waar jy kyk, het my laat dink aan die bib in New
York,so statig.
Daarna is ek sommer die strate in en by n vreeslike groot
kersfees boom uitgekom wat pragtig versier is,ek verkyk my aan alles veral die
mooi geboue en dink ek is in die verkeerde eeu gebore!!Die ou goed is vir my
regtig iets besonders,mesmerizing.hee heeee
Toe is dit tyd vir my cuppucino en almond croissant ,het hom
die keer styf vasgehou so half onder my hand net ingeval die seemeeue gedink
het hier is weer n free lunch!Was eintlik lekker om net te sit en alles in te
neem,verkyk my aan al die toeriste en locals,almal besig met iets en oppad
erens heen.
Teen die tyd is ek al 5 ure aan die rondloop en besluit om
vir die laaste 2 ure nog n ander wye draai te stap en die Sydney brug area te
gaan verken ,tot onder die brug gestap en daar ook my verkyk aan die ingeneurs
werk van die statige ou brug,regtig amazing om te dink deur mense gebou baie
jare gelede.Ook by die Harbour View Hotel n draai gemaak wat uit n ander era
kom.
Oppad terug skip se kant toe by local pub verby en gesien
hier kan ons volgende keer lekker vis en chips kom eet en n bier drink,so dis
nou op die lys vir volgende besoek as liefie af is.Teen die tyd gedink dalk
moet ek nie te lank wegbly nie voor my man my wil begin soek of ek sy bloeddruk
op jaag ,want soos julle weet die skip wag vir niemand nie.Was eintlik n
heerlike dag en nie te warm nie,hulle het reen voorspel maar gelukkig het ons
dit vrygespring want rondloop in die reen nou nie lekker nie.More is ons weer
op die see en dan wag Hobart in Tasmania.
No comments:
Post a Comment