Friday, December 14, 2018

15 Desember 2018: Hobart Tasmania

Gisteroggend het nou nie op n goeie noot begin nie, toe ons wakker word met n toilet wat nie wil werk nie!! Hoef seker nie oor dit uit te brei nie maar die verstopde affere het so gebly tot die aand 21h00, so teen die tyd was ek glad nie lekker nie.Elke keer as ek wil badkamer toe was dit trappe op na die gaste areas toe

Wie is nou lus as jy al jou pajamas aanhet om eers aan te trek net om n draai te loop, so teen 21h00 was dit glad nie meer snaaks nie,en ons het al vroeg dit aangemeld maar dit was net n geval van wag, jy is op die lys!So teen 21h00 toe ons hoor hier word nou gevroetel aan ons gat!! En dit klink mos asof jy ook uitgesuig gaan word as jy die knoppie druk.

Die blydskap was van korte duur want wraggies later die aand was dit weer dieselfde storie,knoppie word gedruk en net mooi niks gebeur nie.Weet hierdie n regte k—k storie maar net weer besef hoe belangrik n toilet is haaa haaa.Gelukkig is ons gat storie toe in die loop van die oggend uitgesorteer ons het n nuwe knop gekry!!!

Kon eers laat  vanoggend afklim want liefie moes eers n paar goed doen voor ons kon vertrek ,so toe hy sy verskyning maak toe is ons die strate in Eers vir hom gou n koffie en muffin gekry en die weer het nou nie saamgespeel nie,toe
getrek en so liggies begin spoeg,maar darem nie vir lank nie.

Gelukkig het ons by die Saterdag markie uitgekom en daar het ons vir ons n sakkie bloed rooi yslike groot cherries gekoop en sommer so stap stap met hulle klaar gespeel,heerlik gewees.Toe is dit tyd vir n woertwors,vir my  n gedoente om die goed te eet want dis net sous waar jy kyk en alles bemors,so liefie kon heerlik alleen eet sonder enige kompetisie!

N Pragtige hout krimvparkie gekoop wat jy gebruik vir tandestokkies,hierso is hout en houtwerk goed groot besigheid,baie stalletjies gekry met die mooiste houtwerk goed,pragtigste houtwerk en draaiwerk.Beslis n kuns.

Het ook doedelsakke gehad vir musiek ,so ons is al agter die musiek aan en toe by hulle ook uitgekom in so n parkie tussen die mooiste akkerbome.Die tyd het natuurlik gevlieg want moes alweer 1.30 aanboord wees en oppad terug is ons verby die vars groente markie met die vrugte en groente wat so mooi uitgestal is en kraak vars lyk,mens sommer lus vir koop.

In die vertrek saal waar ons aanboord gaan het hulle ook uitstallers gehad met local goed en daar was n vrou met die pragtigste sy serpe met al hulle inheemste
Plante wat sy op die sy druk,regtig iets besonders.Wonder hoekom hou ek van al die duur goed!!Serpies net $135 ander goed wat ek ook van gehou het, die blou perels  in Akaroa was maar net $1000!!!!

Toe ons vamiddag in die gym uitstap sal julle glo stap daar 3 manne wat Xhosa praat voor ons en net daar begin liefie terug praat in Xhosa net om te hoor dis onse mense van Afrika,amazing hier doer ver van die huis.Ons nou oppad na Burnie en die see nogsteeds omgekrap so nou en dan breek n brander hier teen ons porthole,groot ogies net bitter bly word nie see siek nie anders was dit nou n gedoente.











No comments:

Post a Comment

23 January 2019: Napier New Zealand We arrived in Napier early on Wednesday morning but were only going on our excurtion at 11.45 so co...