Wednesday, January 16, 2019

13 January 2019 Yorkeys Knob /Cairns Australia:

Here we were tenderd to the port of  Yorkeys Knob and got off at the local boating club, then took a bus to the town of Cairns.It was about a 30 min drive along sugar cane fields and made me think of Mauritius. Also very lush and green.

Toe ons afklim en die sonbesies verwelkom ons toe weet ek ok ,hier gaan ons sweet en warm kry!!Net so, vrek warm gewees. Iets wat ek nog nooit gesien het nie is fruit bats,die gediertetjies hang in hulle honderde onderstebo in bome en dit was nogal iets om te sien,was ook heel spraaksaam!!

Hierdie diertjies gee geboorte aan een baba wat onderstebo gebore word,so moet seker klou vir die vale!! Shame. Die kleintjie hou glo ook vas aan die ma se tietie.As die kleintjie te swaar raak vir die ma dan word hulle snags in die creshe gelos met al die ander kleintjies,amazing,het die oulikste gesiggies lyk vir my nes n rob gesiggie.

Die strand area het die mooiste blou swem areas met vlak water waar die mense net in le en sit,niemand was in die see nie,so neem aan dis waar hulle swem en afkoel.

Toe ek weer by die bootklub kom toe besluit ek vandag is ek lus vir n bier en net daar bestel ek vir my n yskoue draft,dit het heel goed afgegaan en was heerlik.Het ook n wyntjie oorweeg maar toe gedink nee, die see baie rof en dalk is bier n veiliger opsie met die boot rit wat vir my voorle, terug skip toe.

14 January 2019 : Arlie Beach Australia (In the heart of the Great Barrier Reef)

Here we also were taken ashore with the tender boats in another day of rough seas. My trip ashore was on a local ferry so that did make things a lot easier and smoother sailing.

Walked around the beach front area and had lots of time to brouse and see a bit of the town.Real sea side resort feeling and very relaxed.Here the boats and ferries take you to the great barrier reef ,the heart shape island  and Hill Inlet that really looks amazing in all the broshures.

There was  no swimming in the sea  but in the man made swimming areas with lovely grass and shady area all around the place.The shops were buzzing and packed.Good weather so maybe that was why and a Sunday.


16 Januarie 2019: Brisbane Australia

Vroeg oggend na ontbyt van die skip af en die keer weer met n bus aangery stad toe ,wat so 30 min van die dok area was.Die dok area was nou nie iets om te sien nie en dink hulle aan die bou van n terminaal area want baie bouery in die omgewing en ons in n tent ontvang met houtsaagsels wat die wereld vol waai.

In die middestad afgelaai en toe eers rondgestap en by die botaniese tuine n draai gaan stap en langs die rivier.Was ook maar vrek warm en benoud soos Durban se hitte.

Oppad terug het ek n apple store ontdek en net daar kon ek inglip en al my goed aflaai! Was ook heerlik koel in die winkel so dit was n bonus.Was nou ook nie vreelik lus vir rondloop nie so is daarna sommer weer terug skip toe.

Baie goeie vriende van Graaff Reinet se dae woon nou in Brisbane en groot was die opgewondenheid toe hulle laat weet hulle gaan probeer om ons te kom sien.Toe ek net weer terug is aan boord toe laat hulle ons roep om te se iemand wil ons sien en wraggies na baie jare was dit weer tyd vir opvang en gesels dat die spoeg spat.
Het nie eers by sit uitgekom nie sommer net daar in die middel van die terminaal gestaan en gesels vir seker te minste n uur.Het ook nou geleer dat jy vooraf kan aansoek doen vir gaste en dan kan hulle eintlik aanboord kom en saam met jou gaan eet,so volgende keer sal ons beslis dit doen. Dan kan ons hulle ook rondwys.

Gisteraand het ek by die show uitgekom en wat n ongelooflike produksie,sommer alles was briljant gewees,die musiek dansers,sangers,décor,beligting,akrubate noem maar op.Kon hulle beslis n tien uit tien gee .Het n Franse sirkus tema gehad,moet erken my senuwees was met tye op want doen toertjies wat nogal risky is,so enige fout of val beteken werk en moeilikheid vir manlief hulle.

More is dit weer see dag en dan is dit my laaste besoek aan Sydney,volgende keer klim ek af en keer terug huis toe.Sien vreeslik uit,en tyd vir huis en bekende dinge,ons dinge,hartsdinge.





No comments:

Post a Comment

23 January 2019: Napier New Zealand We arrived in Napier early on Wednesday morning but were only going on our excurtion at 11.45 so co...