11 Desember 2018: @SEA
Ons eerste rondte is nou amper iets van die verlede ,more
nog n dag op die see en dan is dit SYDNEY en die optel van die 2de lot
passasiers.Die see is omgekrap en lyk my ons is in vir n rowwe nag, rocking and
rolling!!!! Is bietjie woes die keer.So jy moet mik as jy stap want dis 2 tree
die kant toe en 3 anderkant toe.Het ook n probleem van skuiterasies op die
skippie so is omtrent in lock down,handewas x100
Word bedien met borde en eetgerei mag glad nie self goed
inskep nie of aan enige drinkgoed vat nie alles word vir jou gedoen,op skepe is
so n affere n groot storie omtrent soos
die pes,klink of ons ook oormore bespuit gaan word bedoelende die skip om van
alle moontlike peste en plae onslae te raak en die gremlins te dood.Dit nog nie
beleef nie maar soos hulle se, altyd n eerste keer.
Alle badkamer deure in die publieke areas word ook oop gelos
sodat niemand aan n deur hoef te vat nie,so dis saggies ^&*%.Weet nie of
daar vanaand n show gaan wees nie want dit sal werk kos vir dansers om op hulle
voete te bly en te spring en dans in die weer.
Het vanoggend darem by die gym uitgekom en weer in die stoom
kamer n intressante vrou ontmoet wat toe daar sit met sakkies heuning en n
sker! Nie lank nie toe offer sy vir my ook heuning en vertel my ek moet dit aan
my gesig,nek en bors smeer terwyl ek sit en stoom,baie goed vir die vel,toe het
ek ook nie op my laat wag nie en daar sit ek heuning besmeer!!!
Soos hulle se, what a site!! Maar mev sit en toe ek voel nee
hier moet ek nou uit want die keer langer gesit as gewoonlik want die heuning
moet mos nou eers sy werk doen is ek met my heuning besmeerde lyf uit om te
gaan stort.Moet erken my vel het lekker sag gevoel en dink ek sal dit beslis
weer probeer.Ook vir my gese moet die heuning meng met suiker en dit gebruik as
n exfoliater vir my vel.
Never to old to learn new things! So tot more.
No comments:
Post a Comment