Friday, December 28, 2018

27 Desember 2018: @ SEA New Zealands Fjords

So het Kersfees gekom en gegaan en nou is dit amper Nuwe Jaar! Dit was maar n baie stil kersfees vir ons tweetjies en nie lekker om sonder ons mense te wees nie.Die meeste van die passasiers op die skip is saam met hulle families hierso so dit gaan jolig en almal vrolik.Ook lekker om te sien hulle het n goeie tyd,saam.

Ons het darem n stukkie gammon gehad en nog n stukkie vleis wat vir my soos braun gelyk het,dit was heel lekker.Dit is ons derde dag op die see so ek sien uit om voete weer aan wal te sit.Vandag het ons weer die fjords besoek op n pragtige sonskyn dag so kon heerlik op die buite dekke sit en dit geniet.

Gisteraand wou ons sushi gaan eet en ons is hier op na dek 7 met ons grand klere aan net om om te draai omdat die eetplek te besig was,so all dressed up and no where to go!!! Moes toe maar druip stert terug kamer toe, uittrek en toe is dit weer terug na ons gewone eetplek, garden café.

Ons moes weer ons horlosies 2 ure vorentoe skuif en gisteraand teen 10.30 uur was dit nog liggerig buite, wat baie vreemd gevoel het.Eers laat gaan slaap en toe dit opstaan tyd was, toe wil ons nou slaap,dis mos nou tipies.Gelukkig toe ek uiteindelik myself uit die bed kry toe is ek net betyds om my ontbyt te geniet terwyl ons by die omdraai punt is by Milford Sound.

More is ons weer in Dunedin en sal  ons hopelik rondloop en die plek gaan verken.

28 Desember 2018: Dunedin

Gister het ons in afgeklim en heel eerste die free wifi opgesoek en gelukkig is die bib reg by die dok area en daar kon ons in n baie ou bib sit met vinnige wifi en al ons goed update en aflaai ,wat heerlik was.Toe is ons in n paar antieke winkels in wat mens onmiddelik terugvat in tyd,as ek net genoeg plek gehad het het ek beslis met goed huis toe gevlieg.

Toe ondek ons n local koffie winkel wat gepak is met locals , dan weet jy jy is in die regte plek!! Daar het ons n bitter lekker nut bar bestel wat regtig iets besonders was,neute,oats,rosyne,gemmer sommer alles ,so vrugte koekkerig ding, gevra of dit n tradisionele koekie is maar gese nee sommer net hulle eie konkoksie.

Verniet gedink ons gaan met n naam wegkom en dit google,so nou sit ons net met n foto en herrineringe van die bitter lekker dingtjie,sommer terug na die tyd en nog 2 gekoop,elkeen ons eie een,geen bakleiery oor kos nie,haaa haaa.

In een van die 2 de handse winkels word ons gevra om op n wereld kaart n pin in te druk in die land waarvan ons kom,nogal die eerste 2 om in PE n pin te druk.Ook n lekker gesels ingekry en niemand anders as mnr homself nie!!! Alias liefie.Toe is dit tyd vir pad vat na n uitkyk punt hoog bo die dorpie en verby die mooiste kerk in die klein dorpie.

Al teen die bult op en beslis n kardio workout ook ingekry tot by die begrafplaas en daar het ons ook bietjie rondgeloop en dinge bekyk.Hulle plekkie met die verassings nissies het fotos van die persone en paar persoonlike dingetjies wat ek dink nogal oulik was.

Oppad terug is ons in een van die klein tuintjies in met baie inheemse plante wat seker pragtig is as dit in volle blom is,ook n uitkyk punt oor die hele area,met  n houtdek.Daarna is ons die kerk in vir n paar stil oomblikke wat baie spesiaal was  n vrou het ook vir ons orrel gespeel, was amazing.

Daarna was dit weer tyd vir terug skip toe en regmaak vir ons aand uit saam met die mediese span.Ek is eers weer gym toe en lank in die stoom kamer gaan sit wat heerlik was.Moet nou eers eintlik bieg wat die groot atraksie in die plek is en dit is die haardroeer, want in ons kamer is die krag  pateties, half mas,poer poer so vat vir ewig om my hare droog te kry,hier werk hulle sin met ordentelik krag,hy meen besigheid.Nooit gedink ek gaan weer n haardroer se krag waardeur nie

Ons het gaan eet in n Italiaanse eetplek ,pasta en al hulle tradisionele dinge probeer,hoe se hulle when in Rome do as the Romans do! Natuurlik ook hulle lekker wyn geniet en dit alles op die huis rekening.Twee van die personeel moes ongelukkig die ete vryspring agv werk.Toe is dit tyd vir bed.

29 December 2018; Akaroa New Zealand

Hierdie dorpie is beslis my nr 1 op my lys van plekke besoek op hierdie kontrak,dis prentjie mooi en bitter spesiaal,het net daai lekker gevoel en vibe aan hom.Kon eers laat afklim met die tender bote wat ons aan wal kry maar daar was darem genoeg tyd vir alles doen en geniet.

Is eers weer die strate in al langs die water tot by die Saterdag markie waar ons eers, vars plaas cherries en gooseberries en toe n tuisgemaakte lekker ding geeet het.Die goosberries was so deurskynend en te lekker,ons was gelukkig om die laaste pakkie te vat en dit sommer half prys gekry want n paar al reeds weg van die geproeery,so dit was hy of niks.

Daarna het ons gaan Elephant vis en chips eet by Murphys on the Corner,n bekende local vis en chips winkel.Die porsies was groot en lekker en die vis baie wit en ferm,lekkkkeeer daar het n voeltjie op liefie geskuit, so die was heel verbaas n eerste vir hom ,hulle se mos dit beteken geluk!!!  darem nie in ons kos nie.

Toe is mnr terug skip toe en ek moes eers nog n paar draai loop in die winkels.Ook net betyds toe terug na die tender platform want toe ek daar aankom toe is daar n vreeslike lang ry.Iets toe gedoen wat ek nooit in ons land sal doen nie en dit is my sambrieel uitgehaal vir skaduwee in die warm son terwyl ons in die lang tou staan en wag.Altyd n eerste keer!!

Was n perfekte dag met geen wind en warm,die eerste keer op die roete dat ek kan se ons het warm gekry in New Zealand behalwe daai dag  in Melbourne Australia.Ons is laat weg uit Akaroa want met die tender bote vat dinge maar net langer en dink omdat dit so n perfekte dag was het mense langer gewag voor hulle by tender bote aangemeld het vir terugkeer skip toe.

Toe ons vertrek uit die klein inham in die New Zealandse kuslyn het die dolfyne besluit hulle swem saam en voor ons vertrek het hulle agter die skip nou en dan hul verskyning gemaak en toe ons vertrek het hulle in die wake van die boot gespeel.Ons was so gelukkig om te sien hoe 2 hoog uit die water spring en verder speel so langs die skip.Wel dit was n amazing einde aan n perfekte dag in die mooi wereld.











Monday, December 24, 2018

23 December 2018: Melbourne Australia

Today is our second visit to this port and we decided to hit the beach,so after hubby got the green light to get off ,he went for a nice long run of 13km and I decided to wait on the beach.

Nobody was swimming so that made me a bit nervious and I spent the time picking up seashells and watching people and dogs,everyone seems to have a dog and they were all over the place,defnitely animal lovers,was so good to see them having a good time and the dogs were so excited to get to the beach and water.

When hubby returned we were very lazy and just spent time lying in the sun and even dosed off until a barking dog woke us up.We were lucky for it was not a very hot day and a bit overcast, so perfect weather for the beach and lying around

Then we took a stoll all along the beachfront that went on forever, today I  decided to wear my slipslops and that was not a good idea when taking a very long walk ,for after a while I had a sore foot from chafing.

After our walk it was time to return to our cabin for a quick shower and get dressed for our evening out in Melbourne! Here it also gets dark very late so the sun was up until late think is was about 9 pm before the sun went down.We ended up at a restaurant along dockside just outside our port and had a wonderful evening

Hubby had a huge big beef burger and I had the most delicious pumpkin risotto with asparagus and a bottle of shiraz!!! That went down very well and we had a great meal.Were tempted to buy a bottle of wine and have it along the beach but here no drinking in public areas or at the beach, so that would have meant big trouble.

After our meal we spent time watching the sun go down and seagulls checking things out for any free meal or scraps lying around.On our way back to the ship we passed a wedding reception party and the married couple and photographer on the pier,happy times,happy people,good vibes,the end of a great day in Melbourne.

24 December 2018: Melbourne

Vandag is dit alleen rondloop want liefie werk,so ek is na ontbyt by die skip weg vol planne maar dit het nie lank gehou nie want vandag was dit verskriklik warm en n windstil dag.Het gelukkig gou die winkels in die area ontdek en kon lekker rustig deur hulle beweeg en net alles bekyk,party van hulle het die mooiste goed en natuurlik baie mense wat last minute Kersfees shopping doen.

Het omtrent gesoek na n yskas magneet wat Melbourne se maar niks gekry nie almal se net Australia en dis nou nie wat ek wou he nie, in die uiteinde het ek net een gekry met die beach huts soos hulle dit noem ,wat bekend is in Melbourne amper soos die gekleurde strand huisies in Kalkbaai

Toe is ek die woonbuurte in ,straat op en straat af en weereens besig met die pragtige argitektuur,baie ou huisies met die mooiste gietyster werke op stoepe lyk soos broekieslace,pragtig en hier en daar tuintjies met rose en lavender en roosmaryn.

Teen die tyd sweet ek soos n vark en begin flouerig voel, net toe n vrou en dogtertjie verby kom met n roomys en ek besef ok,hier naby moet n roomys winkel wees !Gelukkig tot my redding kom ek af op Jock,s icecream & Sorbet en net daar kry ek n lekker groot yskoue roomys.

Buite staan only 1 scoop to Christmas en sowaar more is Kersfees.Ook in die winkel is daar toe plum puddings in meelsak  toegedraai en een oop een op display wat ek kon afneem en regtig so lekker gelyk het.

Toe die krag weer inskop is ek weer al langs die strand om eers nog skulpe op te tel oppad terug skip toe.Ek is ook effens bekommerd want net nou word ek voorgekeer by die sekuriteit maar gelukkig is ek deur met my  Melbourne skulpe sonder probleme,hulle gaan in n glas bak by die huis uitgestal word.

Laat middag is ons weg uit Melbourne nou weer oppad na New Zealand.Was nie lank toe ons die hoe deinings van die oop see begin beleef nie! Laas was ons tyd op die see nogal rof en onstuimig.

25 December 2018: @ SEA and Christmas

The ship is in Christmas mode and looks beautiful.Last night it was time for Christmas carols and Father Christmas read stories to the children in the atrium.There are huge cake displays with the Christmas theme all over and they have really gone to so much trouble to make it a special time for everyone.

This morning we went to a church service in the theatre which was very so beautiful ,the minister and his wife are from Melbourne and his sermon was so special , the carols we sang had me wiping away the tears.Took me back to my days at Sevenfountains Methodist Church on Christmas Eve,such special precious memories and the words just all came flowing back.

You do realise that times like these, you just want to be with your familiy and loved ones,no place in the world can come even close to that and that you have to treasure those times and make use of each opportunity you have to get together and enjoy family and friends. NO PLACE LIKE HOME! We miss you and love you all ,thank you for being in our lives.


Saturday, December 22, 2018

22 Desember 2018: Bernie Tasmania

Vandag op n baie lekker toer gegaan met n busrit deur die mooiste dele van die Burnie platteland in Tasmania.Ons was oppad na die Wings Farm Park wat n massiewe park is met verskillende Australiaanse diere,en die 8ste generasie is,wat aan die stuur van sake is of moet ek se sal wees as hulle groot is.

Een van die einenaars het self op die bus geklim voor ons afgeklim het en alles kom verduidelik en ons welkom geheet dis nou persoonlike diens,ook haar tweeling aan ons kom voortel wat ek so 8/9 jaar oud skat,te koslik.

Het net n uur gehad vir rondloop wat heeltemal te min tyd was vir die pragtige plek.Ek wou net eers die koala,tasmanian devils en kangeroos sien, so na dit was daar nie eintlik tyd vir iets anders nie.Dink n paar uur is nodig om werklik alles te kan sien en geniet.

Het ook n kampeer plek op die plaas wat langs die rivier is wat regtig ongelooflik mooi is en die mense het al begin arriveer vir die Kers naweek.Dit lyk vir my so lekker,jy kan visvang,canoe ry,stap,ag noem maar op of net sleg wees en rus met n uitsig to die for!!

Het n paar mooi fotos geneem so sal dit deel op FB.Nooit gedink ek sal die geleentheid he om aan n kangeroo te vat nie en hulle was heel mak en rustig.Ook te oulik en nie so groot nie of die wat ons gesien het is dalk nie volgroeid nie.Wens kon n ou kleintjie in die ma se dra sak gesien het want dit lyk vir my so koslik as hulle daar uitloer maar het darem n foto geneem langs die plastiese een met n baba in die sakkie.

Die Tasmanian Devils was ook te oulik en kyk hulle kan nou vir jou bene kou en kraak asof dit niks is nie,laat my dink aan die hienas tuis met daai sterk kake van hulle,die een ou knaap het hoeka toe ek fotos neem lekker gegaap en ek kon dit afneem,lyk my ou man ,want die tande nie te fris nie.

Die koala beertjie was alleen en jy kon fotos saam met hom neem maar besluit nee wat gaan nou nie $30 net vir dit betaal nie,so hom net afgeneem op sy stomp.Hulle het net die een en tel hom glad nie op nie.Die koalas is nie natuurlike diere van Tasmania nie, kom net in Australia voor. Kan dink n ou kleintjie moet ook die oulikste dingetjie wees.

Dink so n rondry vakansie in n kampervan moet regtig lekker wees om so n land te sien en beleef,moet baie tyd he en rustig wees.Na ons uur daarso was dit tyd vir die Emu Valley Rhododendron tuine.Ons is al langs n groot rivier weer terug na Burnie se kant toe met die mooiste uitsig oor die rivier,landskap,plase met aartappels,poppy seeds plantasies en pyrethum lande.

Die pyrethum word glo gebruik in vliee gif nog nooit van dit gehoor nie en die skape eet die onkruid so tussen die plante maar sit nie hul mond aan die pyrethum nie.intressant.Die poppy seed plantasies word baie goed bewaak en veiligheids reels net ingeval iemand dit wil steel,het al gebeur se die vrou maar dan ook dood van die brousel????word baie streng gereguleer in die land

Die tuine by Emu valley is amazing,dit is begin deur n tandarts wat n voorliefde vir rhododentrons gehad het, en almal wat daar werk is vrywilliges nog al die jare, so regtig merkwaardig.Ek net so spyt ons het die blom tyd gemis so mens sien dit nie as dit op sy beste is nie en kan myself net indink dat dit asem wegslaan mooi is ,veral as jy na die fotos kyk.

Tot vir ons tee en skons voorberei maar omdat ons laat was moes ons dit laat verbygaan so nogal spyt want met n uitsig oor die pragtige tuine en so n rustige gevoel sou dit bitter nice gewees het.Een ou asshole het ons by die wildlife laat wag vir 15 minute nadat ons presies geweet het hoe laat ons terug moet wees by die bus!! Natuurlik glad nie voorgekom asof sy sleg voel dat sy ons almal laat wag het nie!!!

Die plek word ook baie gebruik vir troues en funksies.en daar is verskillende dele in die tuin wat verskillende lande verteenwoordig of hulle plante,Himalayas,China,Japan en Noord Amerika. Alles groei daarso en het n fontein bo op die berg wat hulle gebruik vir water wat vir my ook amazing was is dat die hele tuin teen n skuinste geplant is bitter min gelyk areas.

Bitter dankbaar vir vandag,het dit so geniet en so bly het my diertjies gesien,was op my bucket list.More is ons weer in Melbourne en ek hoop regtig liefie se kollega is terug sodat hy darem ook weer sy voete aan wal kan sit.Hy wil eers n lekker lang afstand hardloop probeer inkry en  dan wil ons strand toe gaan vir net le in die son en niks doen nie en more aand gaan uiteet en lekker wyn drink!!

Omdat ons oornag kan mens lekker laat rondloop en kuier en die skip bly poet,ry vir niemand weg nie.Oornag op n plek regtig n bonus weet nie hoekom hulle dit nie meer doen nie, mens beleef n plek ook net soveel meer as jy dit in die nag ook kan geniet,the night life,hee heeee

Wel tot volgende keer,mooi loop











Thursday, December 20, 2018

21 December 2018: Eden Australia

Our day in Sydney turned out to be a lovely warm day and spent the day walking about in the city and visiting all sorts of beautiful shops.Hubby was working so has lots of time to look around. After walking about for 5 hours I had had enough and was time to get back to ship.

Must have overdone things for I was pooped and went straight to bed for a afternoon sleep! The weather forecast had been correct and woke up to a huge thunderstorm in progress over this beautiful city!Dit was donderweer en blitse net waar jy kyk.

So left Sydney in this thunderstorm,in pouring rain! The Opera house and Sydney bridge just looked so different from a perfect blue sky look..So the different faces of a city for sure.

This morning we arrived in Eden a small town and had to use the tender boat again but the weather was not looking good at all.Left the ship to arrive on the dockside in pouring rain, with no real shelter, so my feet were sopping wet pretty quickly .

Decided to grin and bear it for my feet were wet already so out came the umbrella and poncho and off I went to see what this place had to offer.I first ended up in a residencial area overlooking the sea from the rescue centre,and had to walk up a steep hill so was huffing and puffing when I got to the top.
Now I am hot and sweating with this plastic poncho,so now it is time to get undressed and what a story while it is raining.Nie n lekker storie nie,jy voel asof jy geknoop raak tussen sambrieel,plastiek en rugsak!!! Nie genoeg hande nie.

Then I decided to walk into town and see what it looks like,did not want to take the shuttle bus for I like to see everthing and not miss a thing,with the bus it all goes by to quickly,little did I know another hill was waiting for me!!

I would call it a small town with very old buildings when I saw the court house and the police station, which are heritage buildings,klein dorpie gevoel..Fishing seems to be big business.

On my way back to the ship I was told by other passengers about there visit to the golfing course where they saw plenty of kangeroo hopping all over the place.Ai was so spyt het nie van dit geweet nie anders sou ek beslis by dit n draai gemaak het en ongelukkig kom ons nie weer die kant toe nie,so missed the bus!!

More is ons weer in Burnie en ek wil kyk of ek nie by een van die mooi tuine kan uitkom nie.Plan is to walk to the Emu Valley Rhododendron Garden,is about a hours walk from the ship area so will see,if it is a nice day I am going to give it a go,hope I find my way back to town.








Tuesday, December 18, 2018

18 Desember 2018: Melbourne

Omtrent n mondvol het gebeur sedert my laaste inskrywing! Daar was weer n bakleiery onder 2 passasiers en die man is deur die polisie van die skip verwyder nadat hy vriendin pimpel en pers gelsaan het,die loop rond met 2 blou oe! Verbeel jou kom op vakanise en word toegesluit in tronk voor jy weer by jou bestemming uitkom,klink vir my na n nagmerrie.

Vroeg in Melbourne aangekom en besluit om op die hop on hop off bus toer te gaan om die stad te verken,ook maar groot oog want moet in die stad oorklim na eerste toer om  dan weer ander toer te vat om weer by my skip uit te kom.Ek altyd dood bang ons sit vas in verkeer of iets gebeur dan is ek in die moeilikheid want die skip wag net vir mense wat laat is as jy op een van hulle toere bespreek is.

Omdat ons die aand eers 9 uur vertrek het ,het ek besluit om braaf te wees! Volgende keer oornag ons in Melbourne so dalk sal ek dan weer waaghalsig wees.Die Queen Victoria Market lyk nogal lekker om by rond te loop,my tipe goed ,stalletjies.

Natuurlik heel bo op die bus gesit en omtrent windverwaai geraak maar kon lekker sien van daar af en was gelukkig koelerig so nie te warm nie,hier het ek geleer, dress in layers.Met terugkeer na die ferry terminal is ek eers weer die strate in al langs die see,af.

Nog n vrugte koek gekoop maar dink nie hy gaan lank hou nie,het net my vermoede hy gaan ook gou waai! In die area dok die Tasmania kar ferry en omtrent besig gewees met hordes karre,karavane,bote noem maar op, glo mense wat die crossing doen met hulle voertuie en kamp goed dan gaan toer hulle deur Tamania vir die vakansie,dit het nou vir my lekker gelyk.Karavaan dakke het sataliet skottels en sonkrag panele so hulle is toegerus.

Die vorige aand het ons al te grand in ons nuwe plastiek glase ons wyn gedrink toe daar n ou ongelukkie plaas vind en al ons beddegoed is onder die rooiwyn! So rooi wyn op wit beddegoed omtrent n gemors en gedoente ,nie eers probeer skoonmaak nie net so afgtrek en onder die duvay gele,darem n briefie gelos vir ons man wat kamer skoonmaak.

Gelukkig het die skuitery afgeneem en ons is uiteindelik kiem vry sedert vanoggend,so alles nou weer terug na normaal,kan onsself help met eet en drinkgoed,dink die arme personeel verlig want dit was alles dubbel werk vir hulle.

Toe ek gister terug kom op skippie en dood rustig sit en tee drink is ek nie bewus van die drama waarmee liefie stoei nie,hy is ingelig dat die dr van een van die ander skepe in die vloot siek is en dat een van hulle moet afklim en gaan oorvat daarso! Hy natuurlik wit geskrik want as hy moet waai is dit afklim vir my ook en huis toe.

Die skip is een van die grand skepe wat so om die wereld seil en daar is net een dr op daai skepe en sonder n dr mag hulle nie seil nie,so die skip sit nou gedok in n hawe en wag vir n nuwe dr.So gelukkig was hy nou nie die een wat gevra is om te gaan oorvat nie en sy arme kollega moes inderhaas pak en af wees van die skip voor ons seil.

Die drama eindig nie daar nie want nou seil ons net met een dr maar liefie nou al gewoont aan sulke verassings, het dit ook al voorheen gedoen ,al ding hy is dan heel tyd aan diens en kan nie van die skip afjklim nie!! Never a dull moment.Ek kry eintlik koue rillings as ek dink ek moet hoor dat ek oor n uur van die skip moet afwees en alles moet pak en woerts daar gaan jy! Skip lewe

So hier weet mens nie van een oomblik tot die ander wat gaan gebeur nie,amper was ek oppad huis toe ,nog voor Kerfees.Voorspel weer reen en donderbuie vir more in Sydney so sal maar sien wat gebeur.Ek het gedink gaan vereeslik warm kry in Australie maar tot dus ver koelerig gewees nog glad nie met somer klere rondgeloop nie.












23 January 2019: Napier New Zealand We arrived in Napier early on Wednesday morning but were only going on our excurtion at 11.45 so co...