22 Desember 2018: Bernie Tasmania
Vandag op n baie lekker toer gegaan met n busrit deur die
mooiste dele van die Burnie platteland in Tasmania.Ons was oppad na die Wings
Farm Park wat n massiewe park is met verskillende Australiaanse diere,en die
8ste generasie is,wat aan die stuur van sake is of moet ek se sal wees as hulle
groot is.
Een van die einenaars het self op die bus geklim voor ons
afgeklim het en alles kom verduidelik en ons welkom geheet dis nou persoonlike
diens,ook haar tweeling aan ons kom voortel wat ek so 8/9 jaar oud skat,te
koslik.
Het net n uur gehad vir rondloop wat heeltemal te min tyd
was vir die pragtige plek.Ek wou net eers die koala,tasmanian devils en
kangeroos sien, so na dit was daar nie eintlik tyd vir iets anders nie.Dink n
paar uur is nodig om werklik alles te kan sien en geniet.
Het ook n kampeer plek op die plaas wat langs die rivier is
wat regtig ongelooflik mooi is en die mense het al begin arriveer vir die Kers
naweek.Dit lyk vir my so lekker,jy kan visvang,canoe ry,stap,ag noem maar op of
net sleg wees en rus met n uitsig to die for!!
Het n paar mooi fotos geneem so sal dit deel op FB.Nooit
gedink ek sal die geleentheid he om aan n kangeroo te vat nie en hulle was heel
mak en rustig.Ook te oulik en nie so groot nie of die wat ons gesien het is
dalk nie volgroeid nie.Wens kon n ou kleintjie in die ma se dra sak gesien het
want dit lyk vir my so koslik as hulle daar uitloer maar het darem n foto
geneem langs die plastiese een met n baba in die sakkie.
Die Tasmanian Devils was ook te oulik en kyk hulle kan nou
vir jou bene kou en kraak asof dit niks is nie,laat my dink aan die hienas tuis
met daai sterk kake van hulle,die een ou knaap het hoeka toe ek fotos neem
lekker gegaap en ek kon dit afneem,lyk my ou man ,want die tande nie te fris
nie.
Die koala beertjie was alleen en jy kon fotos saam met hom
neem maar besluit nee wat gaan nou nie $30 net vir dit betaal nie,so hom net
afgeneem op sy stomp.Hulle het net die een en tel hom glad nie op nie.Die
koalas is nie natuurlike diere van Tasmania nie, kom net in Australia voor. Kan
dink n ou kleintjie moet ook die oulikste dingetjie wees.
Dink so n rondry vakansie in n kampervan moet regtig lekker
wees om so n land te sien en beleef,moet baie tyd he en rustig wees.Na ons uur
daarso was dit tyd vir die Emu Valley Rhododendron tuine.Ons is al langs n
groot rivier weer terug na Burnie se kant toe met die mooiste uitsig oor die
rivier,landskap,plase met aartappels,poppy seeds plantasies en pyrethum lande.
Die pyrethum word glo gebruik in vliee gif nog nooit van dit
gehoor nie en die skape eet die onkruid so tussen die plante maar sit nie hul
mond aan die pyrethum nie.intressant.Die poppy seed plantasies word baie goed
bewaak en veiligheids reels net ingeval iemand dit wil steel,het al gebeur se
die vrou maar dan ook dood van die brousel????word baie streng gereguleer in
die land
Die tuine by Emu valley is amazing,dit is begin deur n
tandarts wat n voorliefde vir rhododentrons gehad het, en almal wat daar werk
is vrywilliges nog al die jare, so regtig merkwaardig.Ek net so spyt ons het
die blom tyd gemis so mens sien dit nie as dit op sy beste is nie en kan myself
net indink dat dit asem wegslaan mooi is ,veral as jy na die fotos kyk.
Tot vir ons tee en skons voorberei maar omdat ons laat was
moes ons dit laat verbygaan so nogal spyt want met n uitsig oor die pragtige
tuine en so n rustige gevoel sou dit bitter nice gewees het.Een ou asshole het
ons by die wildlife laat wag vir 15 minute nadat ons presies geweet het hoe
laat ons terug moet wees by die bus!! Natuurlik glad nie voorgekom asof sy sleg
voel dat sy ons almal laat wag het nie!!!
Die plek word ook baie gebruik vir troues en funksies.en daar
is verskillende dele in die tuin wat verskillende lande verteenwoordig of hulle
plante,Himalayas,China,Japan en Noord Amerika. Alles groei daarso en het n
fontein bo op die berg wat hulle gebruik vir water wat vir my ook amazing was
is dat die hele tuin teen n skuinste geplant is bitter min gelyk areas.
Bitter dankbaar vir vandag,het dit so geniet en so bly het
my diertjies gesien,was op my bucket list.More is ons weer in Melbourne en ek
hoop regtig liefie se kollega is terug sodat hy darem ook weer sy voete aan wal
kan sit.Hy wil eers n lekker lang afstand hardloop probeer inkry en dan wil ons strand toe gaan vir net le in die
son en niks doen nie en more aand gaan uiteet en lekker wyn drink!!
Omdat ons oornag kan mens lekker laat rondloop en kuier en
die skip bly poet,ry vir niemand weg nie.Oornag op n plek regtig n bonus weet
nie hoekom hulle dit nie meer doen nie, mens beleef n plek ook net soveel meer
as jy dit in die nag ook kan geniet,the night life,hee heeee
Wel tot volgende keer,mooi loop
No comments:
Post a Comment