18 Desember 2018: Melbourne
Omtrent n mondvol het gebeur sedert my laaste inskrywing!
Daar was weer n bakleiery onder 2 passasiers en die man is deur die polisie van
die skip verwyder nadat hy vriendin pimpel en pers gelsaan het,die loop rond
met 2 blou oe! Verbeel jou kom op vakanise en word toegesluit in tronk voor jy
weer by jou bestemming uitkom,klink vir my na n nagmerrie.
Vroeg in Melbourne aangekom en besluit om op die hop on hop
off bus toer te gaan om die stad te verken,ook maar groot oog want moet in die
stad oorklim na eerste toer om dan weer
ander toer te vat om weer by my skip uit te kom.Ek altyd dood bang ons sit vas
in verkeer of iets gebeur dan is ek in die moeilikheid want die skip wag net
vir mense wat laat is as jy op een van hulle toere bespreek is.
Omdat ons die aand eers 9 uur vertrek het ,het ek besluit om
braaf te wees! Volgende keer oornag ons in Melbourne so dalk sal ek dan weer
waaghalsig wees.Die Queen Victoria Market lyk nogal lekker om by rond te
loop,my tipe goed ,stalletjies.
Natuurlik heel bo op die bus gesit en omtrent windverwaai
geraak maar kon lekker sien van daar af en was gelukkig koelerig so nie te warm
nie,hier het ek geleer, dress in layers.Met terugkeer na die ferry terminal is
ek eers weer die strate in al langs die see,af.
Nog n vrugte koek gekoop maar dink nie hy gaan lank hou
nie,het net my vermoede hy gaan ook gou waai! In die area dok die Tasmania kar
ferry en omtrent besig gewees met hordes karre,karavane,bote noem maar op, glo
mense wat die crossing doen met hulle voertuie en kamp goed dan gaan toer hulle
deur Tamania vir die vakansie,dit het nou vir my lekker gelyk.Karavaan dakke
het sataliet skottels en sonkrag panele so hulle is toegerus.
Die vorige aand het ons al te grand in ons nuwe plastiek
glase ons wyn gedrink toe daar n ou ongelukkie plaas vind en al ons beddegoed
is onder die rooiwyn! So rooi wyn op wit beddegoed omtrent n gemors en gedoente
,nie eers probeer skoonmaak nie net so afgtrek en onder die duvay gele,darem n
briefie gelos vir ons man wat kamer skoonmaak.
Gelukkig het die skuitery afgeneem en ons is uiteindelik
kiem vry sedert vanoggend,so alles nou weer terug na normaal,kan onsself help
met eet en drinkgoed,dink die arme personeel verlig want dit was alles dubbel
werk vir hulle.
Toe ek gister terug kom op skippie en dood rustig sit en tee
drink is ek nie bewus van die drama waarmee liefie stoei nie,hy is ingelig dat
die dr van een van die ander skepe in die vloot siek is en dat een van hulle
moet afklim en gaan oorvat daarso! Hy natuurlik wit geskrik want as hy moet
waai is dit afklim vir my ook en huis toe.
Die skip is een van die grand skepe wat so om die wereld
seil en daar is net een dr op daai skepe en sonder n dr mag hulle nie seil
nie,so die skip sit nou gedok in n hawe en wag vir n nuwe dr.So gelukkig was hy
nou nie die een wat gevra is om te gaan oorvat nie en sy arme kollega moes
inderhaas pak en af wees van die skip voor ons seil.
Die drama eindig nie daar nie want nou seil ons net met een
dr maar liefie nou al gewoont aan sulke verassings, het dit ook al voorheen
gedoen ,al ding hy is dan heel tyd aan diens en kan nie van die skip afjklim
nie!! Never a dull moment.Ek kry eintlik koue rillings as ek dink ek moet hoor
dat ek oor n uur van die skip moet afwees en alles moet pak en woerts daar gaan
jy! Skip lewe
So hier weet mens nie van een oomblik tot die ander wat gaan
gebeur nie,amper was ek oppad huis toe ,nog voor Kerfees.Voorspel weer reen en
donderbuie vir more in Sydney so sal maar sien wat gebeur.Ek het gedink gaan
vereeslik warm kry in Australie maar tot dus ver koelerig gewees nog glad nie
met somer klere rondgeloop nie.
No comments:
Post a Comment