Friday, December 28, 2018

27 Desember 2018: @ SEA New Zealands Fjords

So het Kersfees gekom en gegaan en nou is dit amper Nuwe Jaar! Dit was maar n baie stil kersfees vir ons tweetjies en nie lekker om sonder ons mense te wees nie.Die meeste van die passasiers op die skip is saam met hulle families hierso so dit gaan jolig en almal vrolik.Ook lekker om te sien hulle het n goeie tyd,saam.

Ons het darem n stukkie gammon gehad en nog n stukkie vleis wat vir my soos braun gelyk het,dit was heel lekker.Dit is ons derde dag op die see so ek sien uit om voete weer aan wal te sit.Vandag het ons weer die fjords besoek op n pragtige sonskyn dag so kon heerlik op die buite dekke sit en dit geniet.

Gisteraand wou ons sushi gaan eet en ons is hier op na dek 7 met ons grand klere aan net om om te draai omdat die eetplek te besig was,so all dressed up and no where to go!!! Moes toe maar druip stert terug kamer toe, uittrek en toe is dit weer terug na ons gewone eetplek, garden café.

Ons moes weer ons horlosies 2 ure vorentoe skuif en gisteraand teen 10.30 uur was dit nog liggerig buite, wat baie vreemd gevoel het.Eers laat gaan slaap en toe dit opstaan tyd was, toe wil ons nou slaap,dis mos nou tipies.Gelukkig toe ek uiteindelik myself uit die bed kry toe is ek net betyds om my ontbyt te geniet terwyl ons by die omdraai punt is by Milford Sound.

More is ons weer in Dunedin en sal  ons hopelik rondloop en die plek gaan verken.

28 Desember 2018: Dunedin

Gister het ons in afgeklim en heel eerste die free wifi opgesoek en gelukkig is die bib reg by die dok area en daar kon ons in n baie ou bib sit met vinnige wifi en al ons goed update en aflaai ,wat heerlik was.Toe is ons in n paar antieke winkels in wat mens onmiddelik terugvat in tyd,as ek net genoeg plek gehad het het ek beslis met goed huis toe gevlieg.

Toe ondek ons n local koffie winkel wat gepak is met locals , dan weet jy jy is in die regte plek!! Daar het ons n bitter lekker nut bar bestel wat regtig iets besonders was,neute,oats,rosyne,gemmer sommer alles ,so vrugte koekkerig ding, gevra of dit n tradisionele koekie is maar gese nee sommer net hulle eie konkoksie.

Verniet gedink ons gaan met n naam wegkom en dit google,so nou sit ons net met n foto en herrineringe van die bitter lekker dingtjie,sommer terug na die tyd en nog 2 gekoop,elkeen ons eie een,geen bakleiery oor kos nie,haaa haaa.

In een van die 2 de handse winkels word ons gevra om op n wereld kaart n pin in te druk in die land waarvan ons kom,nogal die eerste 2 om in PE n pin te druk.Ook n lekker gesels ingekry en niemand anders as mnr homself nie!!! Alias liefie.Toe is dit tyd vir pad vat na n uitkyk punt hoog bo die dorpie en verby die mooiste kerk in die klein dorpie.

Al teen die bult op en beslis n kardio workout ook ingekry tot by die begrafplaas en daar het ons ook bietjie rondgeloop en dinge bekyk.Hulle plekkie met die verassings nissies het fotos van die persone en paar persoonlike dingetjies wat ek dink nogal oulik was.

Oppad terug is ons in een van die klein tuintjies in met baie inheemse plante wat seker pragtig is as dit in volle blom is,ook n uitkyk punt oor die hele area,met  n houtdek.Daarna is ons die kerk in vir n paar stil oomblikke wat baie spesiaal was  n vrou het ook vir ons orrel gespeel, was amazing.

Daarna was dit weer tyd vir terug skip toe en regmaak vir ons aand uit saam met die mediese span.Ek is eers weer gym toe en lank in die stoom kamer gaan sit wat heerlik was.Moet nou eers eintlik bieg wat die groot atraksie in die plek is en dit is die haardroeer, want in ons kamer is die krag  pateties, half mas,poer poer so vat vir ewig om my hare droog te kry,hier werk hulle sin met ordentelik krag,hy meen besigheid.Nooit gedink ek gaan weer n haardroer se krag waardeur nie

Ons het gaan eet in n Italiaanse eetplek ,pasta en al hulle tradisionele dinge probeer,hoe se hulle when in Rome do as the Romans do! Natuurlik ook hulle lekker wyn geniet en dit alles op die huis rekening.Twee van die personeel moes ongelukkig die ete vryspring agv werk.Toe is dit tyd vir bed.

29 December 2018; Akaroa New Zealand

Hierdie dorpie is beslis my nr 1 op my lys van plekke besoek op hierdie kontrak,dis prentjie mooi en bitter spesiaal,het net daai lekker gevoel en vibe aan hom.Kon eers laat afklim met die tender bote wat ons aan wal kry maar daar was darem genoeg tyd vir alles doen en geniet.

Is eers weer die strate in al langs die water tot by die Saterdag markie waar ons eers, vars plaas cherries en gooseberries en toe n tuisgemaakte lekker ding geeet het.Die goosberries was so deurskynend en te lekker,ons was gelukkig om die laaste pakkie te vat en dit sommer half prys gekry want n paar al reeds weg van die geproeery,so dit was hy of niks.

Daarna het ons gaan Elephant vis en chips eet by Murphys on the Corner,n bekende local vis en chips winkel.Die porsies was groot en lekker en die vis baie wit en ferm,lekkkkeeer daar het n voeltjie op liefie geskuit, so die was heel verbaas n eerste vir hom ,hulle se mos dit beteken geluk!!!  darem nie in ons kos nie.

Toe is mnr terug skip toe en ek moes eers nog n paar draai loop in die winkels.Ook net betyds toe terug na die tender platform want toe ek daar aankom toe is daar n vreeslike lang ry.Iets toe gedoen wat ek nooit in ons land sal doen nie en dit is my sambrieel uitgehaal vir skaduwee in die warm son terwyl ons in die lang tou staan en wag.Altyd n eerste keer!!

Was n perfekte dag met geen wind en warm,die eerste keer op die roete dat ek kan se ons het warm gekry in New Zealand behalwe daai dag  in Melbourne Australia.Ons is laat weg uit Akaroa want met die tender bote vat dinge maar net langer en dink omdat dit so n perfekte dag was het mense langer gewag voor hulle by tender bote aangemeld het vir terugkeer skip toe.

Toe ons vertrek uit die klein inham in die New Zealandse kuslyn het die dolfyne besluit hulle swem saam en voor ons vertrek het hulle agter die skip nou en dan hul verskyning gemaak en toe ons vertrek het hulle in die wake van die boot gespeel.Ons was so gelukkig om te sien hoe 2 hoog uit die water spring en verder speel so langs die skip.Wel dit was n amazing einde aan n perfekte dag in die mooi wereld.











No comments:

Post a Comment

23 January 2019: Napier New Zealand We arrived in Napier early on Wednesday morning but were only going on our excurtion at 11.45 so co...