Friday, January 25, 2019

23 January 2019: Napier New Zealand

We arrived in Napier early on Wednesday morning but were only going on our excurtion at 11.45 so could do things slowly!! Did not have time to get off and visit the town before we had to leave.Our coach took us to a large sheep station called Clifton that has been in the same family for generations.

When we arrived they gave us a demonstration with the sheep and sheep dogs,they also had a huge big other dog that barks all the time and he also has his job to do.The sheep dog is the one that goes out into the field and fetches the sheep and herds them to the barn

Then we were introduced to a big black pig that had bread and beer to eat,was just too piggy!!! After 5 beers he gets sozzeled,sleeps and snorezzzzzz.Regte ou varkie met yslike tande.

In the Clifton woolshed that was built in 1886 we had a wool shearing demonstration, woolbale sale,and told about life on the farm.Was really nice to see how they do things here,even have wool shearing schools that the guys and girls go to. Hoe hulle rue hou weet ek nie!!!

After the demo we took a walk across the road to a restaurant on the farm where we had the most delicious scones and cup of tea.Hubby was still hungry so I bought him a piece of cheesecake which was really good.

Then is was time to get back into our coach for a trip up the mountain to Te Mata Peak with the most beautiful views over the Tuki Tuki River valley.Think it would be nice to do a hike up the mountain but very steep and would take all day.

Well we really enjoyed our visit to this sheep farm en definitely a highlight of our trip to New Zealand.


24 Januarie 2019: Wellington

Vandag was dit weer alleen rondloop en is toe die oggend vroeg af en besluit om sommer net rond te loop by die waterfront.Het eers die bib gaan soek en daar kon ek darem alles doen wat ek wou.Dis nou een ding van die meeste plekke wat ons besoek ,die bibs is goed ingerig en die lyk my locals gebruik hulle baie.

Dis hulle uithang plek en meeste het ook n eetplek, al die nuutste bells and whistles!! Miskien is dit tyd dat ek weer gaan kyk hoe die bibs in ons land lyk.
Toe is ek na die waterfront vir n vinnige stappie op en af en besluit nee nou weer tyd vir terugkeer skip toe. Daar was 2 plekke in die stad waar die busse jou aflaai en dan moet jy weer die bus kry om terug te keer skip toe.

Met ons uitvaar see toe, kom ek toe agter dat ek eintlik tot by die strand kon gestap het maar eks bevrees daai bus  is nou verby want was ons laaste besoek aan Wellington voor ek terugkeer huis toe.Next time!!


25 January 2109: Akaroa New Zealand

Today it was time for tendering again and could only get off the ship at 11.45 and leaving at  5,so that did not give us too much time but better that nothing and hubby was off, which was great.

I was so excited for my dear husband gave me  $’s to go and buy beautiful pearl earings and a pearl pendant from Akaroa!! The shops name Fire & Ice!! Let say our 30 years wedding anniversary gift, something different but me!!

Then we walked all along  the waterfront area and decided to have a bite to eat at a lovely place right on the waters edge and had to have a beer and some wine!
Don’t think we will do the wine thing again for was $11 for a drop of wine,think beer safer.

After that it was time for some homemade icecream, n gele op n bankie in die son before returning back to the ship on my last tender boat ride.


26 January 2019: Port Chalmers Dunedin New Zealand

Liefie werk so dit was my laaste rondloop op my eie.Ek het besluit om n nuwe staproete aan te pak en is al langs die berg en see in so n sirkel roete om die area.
Was vir my nogal lekker want ek was al een wat dit aangepak het van die skip mense en het langs die pad locals gekry, een wat hardloop en een met haar honde.

Verder was ek stoksiel alleen die hele pad en plek vir myself gehad.Moet bieg het so een keer gedink o gaats, ek hoop dis veilig hier rond!Toe is dit weer tyd vir n bietjie hartspoed opjaag teen die bult en ek is in n woonbuurt in om by die uitkyk punt bokant die skip uit te kom.

Toe begin dit reen en ek moes stoei om my sambrieel  oop te hou en fotos te neem,kon darem n paar mooies kry met n uitsig oor die pad waar ek doer daaronder teen die waterkant op geloop het.

Daarna is ek terug na die hoofstraat waar alles nog toe was want maak eers 11h00 oop op n saterdag! Kon weer by die een eetplek uitkom waar ons laas die lekkerste nutty bar gekoop het,so dit was liefie se bederf vir die dag maar moet bieg, het ook n happie gevat!!

Toe is dit weer bib toe vir die laaste aflaai van rekenaar dinge voor dit tyd was vir terugkeer skip toe.Nou le 3 see dae voor, so as ek my voete weer aan wal sit is dit huis toe gaan tyd. Sien vreeslik uit. Een goeie ding van so weg wees van die huis, jy waardeur alles.

4 gaste het laat by die skip opgedaag  en dit met 10 minute gemaak voor ons sou seil,gewoonlik vra hulle dat almal 30 min voor seiltyd op die skip moet wees, so dit was wragtig close of hulle is agter gelos.Volgende nuus is going to have a rough ride tonight!!! Het dit eintlik verwag want lyk my die see in die dele is maar omgekrap

So hierdie is my laaste inskrywing voor ek terugkeer huis toe.Bitter dankbaar vir die geleentheid en plekke wat ons besoek en gesien het. New Zealand en Tasmania beslis  iets om te sien.Dorpe wat uitstaan is Akaroa en Tauranga en natuurlik  Sydney.So tot volgende keer mooi loop.















Monday, January 21, 2019

18 January 2019: Sydney

Today was my last visit to this beautiful city before flying home,so had lots to do and see! First stop was the money exchange so we ready for our last cruise and visit to New Zealand.

Then I went up town to go and buy my sheep skin slippers that I had seen on a previous walkabout,and thank goodness were still in stock and on a sale ,so that was a nice surprise.

After doing my shopping it was time to go on a walkabout and this time I ended up at the St Marys cathederal, Hyde city park and on my way back I decided to make a last trip to the beautiful botanical gardens.

Then it was a stop at the government house opposite the opera house with the most beautiful wood work and gardens overlooking the harbour area.Even could sit on the stoep with this lovely view and just take it all in for a moment.

Decided had to climb the steps of the Opera house and tough the building and have a close up look at this remarkeable place that I have seen on TV many a time.Got some really cool pics of the roof and tiles and one of the restaurants with reflections of the harbour area in the glass windows.

Had fun doing that and then decided it was time for a beer at our old watering  hole that we had lunch at a few weeks ago.I had been walking around for nearly 4/5 hours so by this time I was realy thirsty and the beer went down quickly,maybe toooo quickly! Vrek lekker gewees

Then it was time for a last minute stroll around the stalls and back to my cabin.Know the drill so before I get to the security check point off come all my bangles,rings,watch,belt the whole lot and have to empty my drinking bottle,no liquids  onto the ship.Was another perfect hot day in Sydney with no thunder storms brewing.We left late afternoon and I spent my time on the open decks while leaving this city for the big open sea crossing to New Zealand.

The ride on the first night was really rough and very rocky,spent the whole night rocking and rolling but I enjoy that for you get a good nights sleep.Two days at sea and the next day was a lot flatter and no choppy waves.First port to call will be Auckland and hubby off, so we can get off together and exsplore.

Hubby has not been on dry land for 12 days so amper iets soos cabin fever,haaa haaa en dis tyd vir voete op moeder aarde, neersit. Net so uitgewerk dat hy af is op see dae ,so hy sien baie uit.Wil in Auckland natuurlik n ou ietsie koop wat te doen het met n All Black momento en dan gaan ons hopelik in Napier na n skaap plaas en daar sal ons n ou skapie kry om saam te vat huis.

21 January 2019: Auckland New Zealand

We arrived in Auckland at  12  and were leaving at 18h00 so had more than enough time to do our rounds.Was so nice to be able to walk around together for a change.First we were off to the local library but that was a waste of time for wi-fi was slow and did not do the job,so that was a disappointment.

Daar het ons n koffie ,kaas muffin en n chicken en mushroom pie bestel wat toe vir liefie in n sooibrand toestand gelaat het!! Gelukkig kon ons toe langs die waterfront dinge regstel met n yskoue bier en net om n dag goed af te sluit n gelato roomys!!

Oppad terug skip toe het ons toe ons All Black magneet gekry en hy wragtig so sterk jy kan dalk magnetiese dinge in iemand anders se handsak aan trek,haa haaa.

22 Januarie 2019: Tauranga New Zealand

5 uur vanoggend toe trek ons skippie by die hawe in maar ons het tot 7uur geslaap en toe eers kop uitgesteek en aan die gang gekom. Liefie was aan diens vir die dag so dit was weer alleen rondloop vir my.Ek is net na ontbyt weg en besluit om aan die voet van berg Mt Maunganui om te loop.

Dit was heel mooi en gelukkig platterig net hier en daar so n ligte opdaands,nie baie krag vir berge aan pak nie en die dag toe ons die berg uitklim was dit omtrent n berg en nie vir sussies nie!! Dit was n geklim en baie styl op plekke maar die uitsig van bo af, was beslis al die harde bene kou werd.

Geen skape vandag gesien nie maar more gaan ons hopelik op die besoek na die skaap plaas in Napier.Vreeslik opgewonde want dit is n plaas wat al geslagte lank in die familie is en ons sal die skeer hokke besoek,skaapskeer sien en die skaaphonde in aksie.

Die toer noem hulle die Hawkes Bay Countryside en vat so 4 ure.Hulle noem dit n sheep station.Het ook n woolshed op die plaas met al hulle produkte wat jy ook kan koop maar kan net dink sal duur wees.Oppad terug besoek ons die Te Mata Peak met ongelooflike uitsigte oor die Tuki Tuki River Valley. So sal sien hoe dit gaan ,net lekke om in die platteland in te beweeg en te sien hoe dit lyk.




















Wednesday, January 16, 2019

13 January 2019 Yorkeys Knob /Cairns Australia:

Here we were tenderd to the port of  Yorkeys Knob and got off at the local boating club, then took a bus to the town of Cairns.It was about a 30 min drive along sugar cane fields and made me think of Mauritius. Also very lush and green.

Toe ons afklim en die sonbesies verwelkom ons toe weet ek ok ,hier gaan ons sweet en warm kry!!Net so, vrek warm gewees. Iets wat ek nog nooit gesien het nie is fruit bats,die gediertetjies hang in hulle honderde onderstebo in bome en dit was nogal iets om te sien,was ook heel spraaksaam!!

Hierdie diertjies gee geboorte aan een baba wat onderstebo gebore word,so moet seker klou vir die vale!! Shame. Die kleintjie hou glo ook vas aan die ma se tietie.As die kleintjie te swaar raak vir die ma dan word hulle snags in die creshe gelos met al die ander kleintjies,amazing,het die oulikste gesiggies lyk vir my nes n rob gesiggie.

Die strand area het die mooiste blou swem areas met vlak water waar die mense net in le en sit,niemand was in die see nie,so neem aan dis waar hulle swem en afkoel.

Toe ek weer by die bootklub kom toe besluit ek vandag is ek lus vir n bier en net daar bestel ek vir my n yskoue draft,dit het heel goed afgegaan en was heerlik.Het ook n wyntjie oorweeg maar toe gedink nee, die see baie rof en dalk is bier n veiliger opsie met die boot rit wat vir my voorle, terug skip toe.

14 January 2019 : Arlie Beach Australia (In the heart of the Great Barrier Reef)

Here we also were taken ashore with the tender boats in another day of rough seas. My trip ashore was on a local ferry so that did make things a lot easier and smoother sailing.

Walked around the beach front area and had lots of time to brouse and see a bit of the town.Real sea side resort feeling and very relaxed.Here the boats and ferries take you to the great barrier reef ,the heart shape island  and Hill Inlet that really looks amazing in all the broshures.

There was  no swimming in the sea  but in the man made swimming areas with lovely grass and shady area all around the place.The shops were buzzing and packed.Good weather so maybe that was why and a Sunday.


16 Januarie 2019: Brisbane Australia

Vroeg oggend na ontbyt van die skip af en die keer weer met n bus aangery stad toe ,wat so 30 min van die dok area was.Die dok area was nou nie iets om te sien nie en dink hulle aan die bou van n terminaal area want baie bouery in die omgewing en ons in n tent ontvang met houtsaagsels wat die wereld vol waai.

In die middestad afgelaai en toe eers rondgestap en by die botaniese tuine n draai gaan stap en langs die rivier.Was ook maar vrek warm en benoud soos Durban se hitte.

Oppad terug het ek n apple store ontdek en net daar kon ek inglip en al my goed aflaai! Was ook heerlik koel in die winkel so dit was n bonus.Was nou ook nie vreelik lus vir rondloop nie so is daarna sommer weer terug skip toe.

Baie goeie vriende van Graaff Reinet se dae woon nou in Brisbane en groot was die opgewondenheid toe hulle laat weet hulle gaan probeer om ons te kom sien.Toe ek net weer terug is aan boord toe laat hulle ons roep om te se iemand wil ons sien en wraggies na baie jare was dit weer tyd vir opvang en gesels dat die spoeg spat.
Het nie eers by sit uitgekom nie sommer net daar in die middel van die terminaal gestaan en gesels vir seker te minste n uur.Het ook nou geleer dat jy vooraf kan aansoek doen vir gaste en dan kan hulle eintlik aanboord kom en saam met jou gaan eet,so volgende keer sal ons beslis dit doen. Dan kan ons hulle ook rondwys.

Gisteraand het ek by die show uitgekom en wat n ongelooflike produksie,sommer alles was briljant gewees,die musiek dansers,sangers,décor,beligting,akrubate noem maar op.Kon hulle beslis n tien uit tien gee .Het n Franse sirkus tema gehad,moet erken my senuwees was met tye op want doen toertjies wat nogal risky is,so enige fout of val beteken werk en moeilikheid vir manlief hulle.

More is dit weer see dag en dan is dit my laaste besoek aan Sydney,volgende keer klim ek af en keer terug huis toe.Sien vreeslik uit,en tyd vir huis en bekende dinge,ons dinge,hartsdinge.





Wednesday, January 9, 2019

9 January 2019: Noumea New Caladonia

Gister was ons op die Franse eiland maar was nou nie vir my iets besonders nie maar moet se ek was net in die area waar hulle ons afgelaai het en in die onmiddelike omgewing.Een ding wat beslis n indruk gemaak het was die honderde seiljagte en bote, bitter baie van hulle maar nou ja dit is n eiland,ne!

Met ons aankoms daarso is ons weereens aangery met busse omdat die dok area baie besig is en n entjie van die winkels.Het n vriendelike ontvangs gekry van locals in tradisionele  drag  met sang en dans.

Dink ek was te vroeg vir die plek want toe ek by die markie aankom toe is die vis mark nog toe en die vrugte en kos stalletjies begin eers met uitpak, eiland tyd!! More nog n dag.

Het al langs die water gaan stap en toe op die area afgekom met die honderde seiljagte en bote,net waar jy kyk,lank laas so baie gesien.Oppad terug het ek afgekom op n  mooi flambojante boom in sy volle glorie! Pragtig.

Dalk was ek net nie lus vir rondloop nie en toe is ek na n rukkie se gesit by die passasiers terminaal terug skip toe.Die free wifi was ook nie wonderlik nie en om iets afgelaai te kry was net n gesukkel.Dis nou een ding wat ek regtig op die skip mis ,to be connected,hee hee nie gedink ek sal dit se nie!

10 Januarie 2019: Ile des Pins (eiland)

What a nice surprise to get to this little gem of a island! Hubby was off for the day but took us a while to get off the ship because of the tendering.Think all the passengers got off ,for it took 29 tendering calls before they started with the open tendering before we could get off.

We decided that he was going to go for a long swim and then we would just chill on the beach and do our walking around just before we have to go back.So hubby got a 2km swim in the most beautiful flat seawater while I was lying around in the shallow water.

The sea sand was really white and very fine,so I just sat in the shallows enjoying it. Did get a chance to take a few pics while I was waiting for my iornman to return. A one day visit to these places does not give you enough time to really see everything but its better than nothing .

Was good to just relax and enjoy lying in the sun,lucky for me there were lots of trees on this island so lots of shady spots right on the beach.The locals were out in full forse making the most of the tourists,had some bougna (which means wrapping) to eat ,a local dish patats,hoender en pampoen of so het dit gelyk!

Dit is basies kos wat in blare toegedraai is  lyk soos n mandtjie wat dan in die vuur gesit word.Vat glo 4 ure om te maak.Lyk sommer eilandrig.Baie stalletjies met hoede van blare wat gevleg is en natuurlik al die mooi blomme.Lyk my die meeste kos stalletjies het hoender gemaak,so n tipe sosatie

Reg langs die strand was ook  n woud met baie bome ,ons is van die een kant van die eiland na die ander deur die woud area,so asof dit n dak het,so toegegroei heerlik koel en mooi.Kon ook sien dat hulle n vreeslike storm moes gehad het want baie groot stompe uitgespoel op die strand en van die sement areas beskadig.Dit was aan die ander kant van die eiland waar ons geswem het.

Well later it was time to head back and just wish we could have had more time for it was realy a special day with great weather and a fantastic beach,looked like paradise.

11 Januarie 2019: Lifou Island

This island is part of the loyalty islands group and discovered by a frenchman.Has no running rivers and the water comes from rain that seeps through the calcareous soil and forms freshwater ponds.Lyk soos vulkaniese landskap as jy na die klippe kyk op die eiland.

So die eiland is baie bebos en toegegroei, locals bly in moderne huise maar in party tuine sien jy nog die hutte met blaar dakke.Hulle noem hulle Kanac.Het ook nie vensters nie en net een deur en slaap op matte met n vuur put in die middel van die hut.

Ek het op my eie rondgestap en die kerkie op die krans is regtig so mooi en statig,jy sien hom van baie ver,hy is in 1858 deur die katolieke sendelinge gebou met die mooiste uitsig oor die South Pacific Sea.Die stappery na die kerkie is nogal styl en jy loop met trappe tot bo.

Daar kon ek in die piep klein kerkie net rustig gaan sit, asemskep en stil raak wat vir my baie spesiaal was.Dit doen ek waar ek kom en vandag het n ou woefie ook kom le en rustig raak  en laffenis kom soek teen die hitte.

Toe is ek daarna af na die Baie de Jinek (Jinek Bay) die mooiste snorkel baai ,ook iets besonders n koraal rif so wegesteek in n baai.Daar het al wat leef en beef gaan snorkel,gelukkig n leer tot in die water anders sou mens moet klouter oor rotse en klippe.

Die locals verkoop orals coconuts en die word met pangas oopgekap,dis nogal iets om te sien met daai vreeslike groot mes/swaard. Moet se een ding wat my opgeval het is dat al die vullis op hope le  en nie orals rondle nie.Ook n storie oor n local chef wat met n projek begin het vir die toeriste maar dis alles in Frans so verstaan net mooi niks.

Soos ek verstaan is dit n village waar jy kan bly en sien hoe die locals hier woon,moet se dit is nogal erg as jy nie die taal praat en verstaan nie.Ek kon vandag darem weer die water in en het n heerlike swem ingekry met my sloffies aan want die koraal op die strand maak dit onmoontlik om kaalvoet te loop.

Nou wag 2 see dae en dan is dit weer terug in Australie,so tot dan bye.









23 January 2019: Napier New Zealand We arrived in Napier early on Wednesday morning but were only going on our excurtion at 11.45 so co...