8 Desember 2018: Akaroa New Zealand
Na ontbyt is ek met n tenderboot na die klein dorpie van
Akaroa en wat n heerlike verassing,die mooiste mooiste plekkie.Ons is gelukkig
met die weer en dis n pragtige dag,net reg vir rondloop en nie te warm kry nie
want effens toegetrek.
Ek is sommer dadelik al langs die waterkant na die bekende
lighuis wat wagstaan op die rotse.Daarna is ek in die Garden of Tame in,n stap
roete so in n bebosde area wat weer uitkom in n woonbuurt en daar het ek
afgekom op die mooiste huisies en tuine,kon nie genoeg fotos neem nie,dis
prentjie mooi
Toe is ek weer in die teenoorgestelde rigting in ,al met die
hoofstraat ,met die oulikdte kafeetjies en eetplekke,gee jou n Franse
gevoel.Wil volgende keer vir liefie vat na n vis en chips plek genoem Myrphys
on the Corner wat glo die heerlikste elephant vis bedien,nog nooit van dit
gehoor nie maar een omie het nou omtrent gerave oor dit
Dis Saterdag en n boere mark was ook in volle swang so
daarso het ek toe vir my n ou koekie gekoop wat heel lekker was,peach and
raisen koekie! Daarna was dit tyd vir die winkeltjies en heel oulik met
natuurlik baie nice goed Toe ek vra waar kan ek geld omruil toe se hulle nee
madam die bank is toe en dis eers weer Maandag oop, so sal moet wag vir ons
volgende besoek
Die tuine is regtig iets besonders en lyk my hierso groei
alles,een ou het gese here you just drop a seed and it grows,just like that!!!
My tipe wereld.
Die roos bome is vol blomme en tot die blare is gesond en
geen peste en plae nie.
Darem n hele paar bekende plante van die huis ook gesien.
Oppad terug was dit weer tyd vir free wifi area soek en dit
het ek toe by die bib gekry en eers al my goed afgelaai,moes ook maar geduldig
wees want vreeslik stadig so dis n vasbyt storie maar kos niks so mens sit maar
geduldig en is te dankbaar vir dit.
Die dorpie het nou n groot indruk op my gemaak ,dink ek sal
hierso kan kom bly alles lyk net so rustig en skoon en prentjie mooi.Dink n toer
deur die pragtige land met n kombi moet ook vreeslik lekker wees,sien nogal
heelwat van hulle,jy stop net waar jy wil, haal jou kampstoele uit en drink
eers jou tee of wyntjie met n uitsig to die for!!
No comments:
Post a Comment